Eenheid van VL ‘ongrondwetlik’

2011-07-01 09:16
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Vrystaat Landbou (VL) het onder striemende aanvalle van ANC-alliansielede deurgeloop op ’n vergadering van die wetgewer se portefeuljekomitee oor landbou.

Veral VL se intelligensie-eenheid het onder skerp kritiek van ANC-lede deurgeloop.

Phell Parkies (SAKP), ANC-hoofsweep in die wetgewer, het gesê dié eenheid is ongrondwetlik.

Kobus Breytenbach, voorsitter van VL se veiligheidskomitee, het gesê VL-intelligensie is nié ongrondwetlik nie en werk baie nou saam met die polisie se intelligensie-eenheid.

“Ons het die intelligensie-eenheid tot stand gebring om plaasmoorde- en aanvalle te verhinder. Ons werk saam met die polisie en het ’n 97%-slaagsyfer.”

Peter Maloka, ANC-LW, het volgehou die eenheid is ongrondwetlik. Maloka het ook gesê VL-lede behandel hul werkers sleg en verbreek wette.

“Jul lede hou vol om plaaswerkers se regte te skend en baie van jul lede het geweier om hul werkers in die onlangse verkiesing te laat stem. Dit is onwettig,” het Maloka gesê.

Dan Kriek, vise-president van VL, het dit ten sterkste ontken en gevra as daar enige spesifieke voorvalle was, moet dit aan VL oorgedra word sodat dit ondersoek kan word.

Parkies het gesê dit is nie die ANC wat verantwoordelik is vir die maatskaplik-ekonomiese welstand van plaaswerkers nie, maar “wit boere”.

Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, en Cope se Mzwandile Hleko was die enigste opposisielede in die vergadering.

Jankielsohn het gesê sedert 1994 het meer as 140 produktiewe plase in die Vrystaat onproduktief geraak nadat dit aan nuwelingboere oorhandig is.

In sy voorlegging het VL erg gekap na die provinsiale regering en gesê hulle kry min of geen samewerking van verskeie departemente nie.

“Ons het lede wat in verskeie velde spesialiste is en hul dienste aan die regering aangebied het, maar die terugvoer van regeringsdepartemente is swak,” het Henk Vermeulen, VL se uitvoerende hoof, aan die komitee gesê. Hy het verwys na boere wat ingenieurs is en die departement van paaie, polisie en vervoer kan help met die instandhouding van “haglike” paaie in die provinsie.

Hy het foto’s aan die komitee gewys waar boere ’n brug buite Tweeling ná die onlangse vloede self herstel. VL voer onder meer ook samesprekings met die departement van onderwys oor plaasskole, die departement van gesondheid oor MIV, vigs en mobiele klinieke en met die departement van menslike vestiging oor behuising.

Vermeulen het gesê VL is verbind tot minister Ebrahim Patel se nuwe groeiplan om 1 miljoen werksgeleenthede in die landbousektor te skep.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: boere  |  landbou

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.