Een sterf tydens Implats-staking
2012-02-16 12:01
Johannesburg – Een persoon het gesterf en ‘n polisievrou en talle burgers is beseer in botsings met woedende mynwerkers buite Impala Platinum se mynbedrywighede in Rustenburg, het die polisie in die Noordwes gesê.
“Volgens verslae het een persoon gisteraand (Woensdag) in hierdie situasie gesterf,” het brig. Thulani Ngubane gesê.
Volgens Ngubane het die man in ‘n ambulans gesterf nadat hy geslaan en sy klere uitgetrek is.
Sowat 5 000 mense het Donderdagoggend “by die strate buite die myn op en af gehardloop” en die Freedom Park-polisiestasie aan die brand gesteek.
Die mense is glo deel van die groep van meer as 17 000 mynwerkers wat in Januarie afgedank is nadat hulle aan ‘n onwettige staking deelgeneem het.
“Die situasie is definitief wisselvallig...”
Polisiebeamptes van ander dele van die provinsie is na die gebied ontplooi.
Ngubane sê geen rubberkoeëls is deur die polisie afgevuur nie, aangesien dit nie meer vir skarebeheer toegelaat word nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA