Een sterf, sewe beseer in kettingbotsing
2010-04-24 01:53
Johannesburg – ’n Man het gesterf en sowat sewe ander motoriste is beseer nadat hulle in ’n kettingbotsing in Edenvale betrokke was, het paramedici gesê.
Vyf voertuie was by dié botsing betrokke.
’n Vragmotor, ‘n minibus-taxi, ‘n bakkie en twee ander motors het omstreeks 14:00 teen mekaar gebots, het Vanessa Jackson, ‘n ER24-woordvoerder gesê.
Die beseerdes, waaronder twee kinders en ‘n sewemaande oue baba is na nabygeleë hospitale gehaas.
Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend.
-Sapa