Een sterf in taxi-ongeluk
2010-04-29 13:20
Johannesburg – Een persoon is Donderdag dood in ‘n taxi-ongeluk buite Pietermaritzburg, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Volgens Derrick Banks, ER24-woordvoerder, het die taxi meganiese probleme ondervind. Die taxi het gerol en een persoon het gesterf.
“Die voorval het op die R716 naby Lundie’s Hill plaasgevind. Twee ander mense is ernstig beseer en nog nege het ligter beserings opgedoen,” het Banks gesê.
Al die beseerdes is na ‘n naby geleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.