Een sterf in gru-botsing
2010-05-26 09:24
Johannesburg - Een persoon is dood en drie beseer toe ‘n Mazda en ‘n bakkie Woensdagoggend op die N17-hoofweg naby die Rondebult-afrit gebots het.
Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, is die presiese oorsaak van die botsing nog nie bekend nie.
“Die bakkie, met drie insittendes, het tydens impak omgeslaan en in die veld te lande gekom,” het Botha gesê.
Nooddienspersoneel het met hulle aankoms die beseerdes op die toneel gestabiliseer. Die bestuurder van die bakkie het egter aan sy beserings beswyk.
Die bestuurder van die Mazda is na die Netcare Union-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die insittendes van die bakkie sterk in die Thabo Memorial-hospitaal aan.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter.