Een sterf in Springs-ongeluk
2011-07-23 14:56
Johannesburg – Een persoon is dood toe 'n motor sowat 6 km buite Springs oos van Johannesburg, reg van voor teen 'n vragmotor gebots het, het paramedici Saterdag gesê.
Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare911, het gesê die vragmotor het aan die brand geslaan toe die voertuie gebots het.
Die bestuurder van die motor is onherkenbaar verbrand, maar die vragmotorbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA