Een sterf in N1-ongeluk
2011-02-11 23:00
Johannesburg – ‘n Vrou is dood en drie mense beseer toe die motor waarin hulle gery het op die N1-hoofweg naby die Vanderbijlpark-afrit omgeslaan het.
Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, was die wrak van die motor in stukke met paramedici se aankoms op die toneel.
“’n Vroulike insittende het verskeie meter vanaf die wrak gelê. Sy het verskeie frakture opgedoen. Die ander twee insittendes het ook ernstige beserings opgedoen," het Vermaak gesê.
Volgens ooggetuies op die toneel het die motor in die rigting van Johannesburg gery toe die voorval plaasgevind het. Die insittendes is glo uit die motor geslinger toe dit verskeie kere oor die hoofweg gerol het.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA