Een sterf, 17 beseer in Jhb-ongeluk
2011-12-09 18:58
Johannesburg – Een man is dood en 17 ander is Vrydag beseer toe twee taxi’s in Montgomery Park in die noorde van Johannesburg gebots het, het nooddienste gesê.
Die voertuie het omstreeks 14:00 op Judith-weg gebots, het Synock Matobako gesê.
“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar dit blyk asof nat weersomstandighede ‘n rol gespeel het.”
‘n Manlike passasier is op die toneel dood. Die beseerdes, waaronder vier ernstig beseer is, is na verskillende plaaslike hospitale geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA