Een sterf, 15 beseer op N1 buite Kroonstad
2012-01-20 23:00
Johannesburg – ‘n Taxibestuurder het gesterf en 15 passasiers is beseer toe hul minibustaxi op die N1, 30 km buite Kroonstad, gerol het, het paramedici gesê.
Derrick Banks, ‘n woordvoerder vir ER24, sê die bestuurder het glo beheer verloor weens meganiese probleme met die voertuig.
Volgens Banks moes die bestuurder uit die wrak gesny word.
Vier mense is ernstig beseer en elf mense het ligte beserings opgedoen. Al die beseerdes is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA