Een dood, vier beseer in Limpopo-ongeluk
2010-06-09 22:10
Johannesburg – Een persoon is Woensdagoggend dood en vier beseer in ‘n ongeluk waartydens twee vragmotors en ‘n bakkie gebots het op die N1-hoofweg buite Louis Trichardt, het die polisie gesê.
Volgens ao. Daniel Ndlovu, polisiewoordvoerder, het die bestuurder van ‘n vragmotor beheer oor die voertuig verloor en omstreeks 08:00 trompop gebots met ‘n Ford Bantam-bakkie.
Die bakkie het oor die pad geslinger en teen ‘n tweede vragmotor gebots.
“Die vragmotorbestuurder het op die toneel gesterf. Die bestuurder van die bakkie het slegs ligte beserings opgedoen. Die insittendes in die tweede vragmotor het ligte beserings opgedoen,” het Ndlovu gesê.
Die beseerdes is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA