Een dood, twintig beseer
2009-12-14 02:50
Johannesburg - Een persoon is dood en twintig mense beseer tydens twee aparte ongelukke in die Noord Wes.
Volgens Moses Kgwele van die Noordwes departement van veiligheid het ‘n 25-jarige man van Ragile in sy kar verdrink.
“Sy kar het ‘n draai gemis, die kant van die berg getref, omgerol en in die Kgetleng rivier beland.”
Hy was blykbaar oppad huis toe nadat hy ‘n troue in Phela bygewoon het.
“Na bewering is die ongeluk deur ‘n kombinasie van spoed en alkohol veroorsaak,” het Kgwela gesê.
In ‘n aparte ongeluk is 19 passasiers en die bestuurder beseer toe die taxi waarin hulle gery het op die Derby-Ventersdorp pad gerol het.
- Sapa