Een dood, twee beseer toe bakkie rol
2010-09-03 00:02
Johannesburg – Een man is dood en twee ander beseer toe hulle bakkie Donderdag van die N2 naby Durban van die pad afgegaan het en by ‘n wal afgerol het, het paramedici gesê.
“Die wil voorkom of die drie insittendes uit die bakkie gegooi is toe dit gerol het,” het ER24-woordvoerder Vanessa Jackson in ‘n verklaring gesê.
Die oorsaak van die ongeluk was nog onbekend. Die voertuig het sowat 20 meter gerol.
Die 36-jarige bestuurder is op die toneel dood verklaar.
Een van die passasiers, ‘n 40-jarige man, het ‘n ligte kopbesering opgedoen, terwyl die ander passasier, ‘n 24-jarige man, met snye en kneusplekke weggekom het.
Beide is per ambulans na nabygeleë hospitale geneem.
Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA