Een dood, twee beseer in trok ongeluk
2011-06-17 21:51
Johannesburg – ‘n Man is dood en twee ander is beseer toe
hulle trok in die agterkant van ‘n ander trok op die N3 suid naby Balgowan
vasry.
Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, sê
die ongeluk het Vrydagmiddag om 13:00 plaasgevind.
Toe die nooddienswerkers op die toneel kom,
het die drie insittendes van die een trok vasgesit in die wrak.
Volgens Botha is een man op die toneel dood.
‘n Ander man is ernstig beseer en is per
helikopter na die hospitaal gevlieg.
Die derde insittende het ernstige kopbeserings
opgedoen en is per ambulans hospitaal toe gehaas.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA