Een dood, twee beseer in ongeluk in Wes-Kaap
2012-02-02 20:54
Johannesburg – Een persoon het Donderdag gesterf en twee is beseer toe ‘n motor en ‘n bakkie teen mekaar gebots het op die N2 naby Sir Lowry’s Pass buite Somerset-Wes, het paramedici gesê.
Die bestuurder van die motor, wat vermoedelik in sy mid-20’s was, is binne die motor gevind en op die toneel dood verklaar, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
Die bestuurder van die bakkie en ‘n passasier het op die toneel rondgestap. Hulle is albei na ‘n hospitaal geneem, het Banks gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA