Een dood toe plakkershutte afbrand
2009-12-20 11:56
Kaapstad – Een mens is dood toe 13 plakkershutte Sondag in die Wallacedene-informele nedersetting naby Kaapstad afgebrand het, het nooddienste gesê.
Volgens Wilfred Solomons-Johannes van Kaapstadse rampbestuur het 55 mense hul huise in die voorval verloor.
“Die oorledene kon nie geïdentifiseer word nie omdat die liggaam te erg verbrand is,” het Solomons-Johannes gesê.
In nog ‘n voorval is 200 mense dakloos gelaat toe 60 plakkershutte by Site B in Khayelitsha afgebrand het.
“Die oorsake van albei hierdie brande is nog onbekend,” het Solomons-Johannes gesê.
“Die polisie sal ‘n ondersoek loods, veral in die geval waar iemand dood is.”
- Sapa