Een dood na 12 motors bots
2009-09-02 10:18
Johannesburg - Een person is dood en nege is beseer nadat hulle in ‘n ongeluk op die N12 in Johannesburg betrokke was.
"Die ongeluk, waarin nege voertuie en twee vragmotors gebots het, het omstreeks 09:00 Woensdagoggend naby die Edenvale afrit plaasgevind,” het Nick Dollman, ‘n Netcare 911-woordvoeder gesê.
"Twee persone is per helikopter na ‘n hospitaal geneem weens ernstige beserings. Sowat sewe mense het matige beserings opgedoen," het hy gesê.
Reddingswerkers was nog teen 09:50 op die toneel besig.
Die pad is steeds vir verkeer gesluit.
- Sapa