Een dood in taxi-ongeluk
2010-01-09 16:21
Johannesburg - Een persoon is dood en 14 ander ernstig beseer toe ‘n taxi en ‘n bakkie by die kruising van Kliprivier- en JG Strydom-rylaan in Alberton gebots het.
“Een persoon is op pad na die hospitaal dood.
“Van die ander 14 wat beseer is, is twee in ‘n kritieke toestand.
“Hulle is na die Natalspruit en Union-hospitale geneem,” het Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
- Sapa