Een dood in rooftog op Kersdag
2009-12-26 02:00
Johannesburg – ‘n Man is dood en ‘n ander een ernstig beseer gedurende ‘n gewapende rooftog in Phoenix, KwaZulu Natal.
Bolgens Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, het drie mans na ‘n huis in New Manor Road gegaan, waar ‘n familie besig was om Kersfees te vier.
Die mans het na bewering twee ander mans gekonfronteer, en kontant sowel as waardevolle besittings geeïs.
‘n Struweling het ontstaan, waarna die gewapende mans hul vuurwapens uitgehaal het.
Een man van die familie is doodgeskiet, terwyl ‘n ander een in sy bors gewond is.
Die man is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
- Sapa