Een dood in botsing
2010-01-29 19:48
Johannesburg – Een persoon is dood en ‘n ander een ernstig beseer nadat hulle Vrydag in ‘n kop-aan-kop botsing, op die N2, net buite Kokstad, betrokke was, het die paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê ‘n vrou het op die toneel gesterf terwyl ‘n ander een beseer is. Die ongeluk het ongeveer 28km buite Kokstad gebeur.
Die beseerde vrou is in ‘n ernstige toestand na Kokstad se provinsiale hospitaal geneem
Reën en mistige weerstoestande kon dalk die ongeluk veroorsaak het.
- Sapa