Een dood, honderde dakloos ná brand by Du Noon
2010-05-02 15:04
Kaapstad – Een mens is onherkenbaar verbrand en honderde is dakloos gelaat nadat ‘n brand vroeg Sondagoggend in Du Noon, die informele nedersetting naby Table View, uitgebreek het.
Volgens Wilfred Solomons-Johannes van Kaapstadse rampbestuur het die brand net na 01:00 Sondagoggend uitgebreek en is 122 wonings deur die brand vernietig.
Brandbestryders het rondom 04:00 daarin geslaag om die brand onder beheer te kry.
Volgens Solomons-Johannes word die 520 mense wat dakloos gelaat is, deur reaksiespanne ondersteun.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend en word ondersoek.
- Sapa