Een dood, drie beseer in Witbank-ongeluk
2011-12-19 18:53
Johannesburg – ‘n Man is Maandag dood en drie ander is beseer toe ‘n bakkie en ‘n motor teen mekaar gebots het in Witbank, het paramedici gesê.
“Die bestuurder van die ligte motor het aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, in ‘n verklaring gesê.
‘n Manlike passasier in sy 30’s was in die bakkie vasgekeer en lewenskake en ander hidroliese toerusting is ingespan om hom te bevry, het Banks gesê. Hy was in ‘n kritieke toestand.
“Die bestuurder en passasier van die bakkie het moontlike ernstige nek- en rugbeserings opgedoen, asook verskeie kneus- en snymerke.”
Die pasiënte is na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA