Een dood, drie beseer in VS-ongeluk
2011-12-19 21:24
Johannesburg – ‘n Man is dood en drie mense, insluitende ‘n driejarige seun, is ernstig beseer toe hul motor Maandagmiddag reg van voor teen ‘n vragmotor gebots het op die N3 naby Warden in die Vrystaat, het paramedici gesê.
“Paramedici het op die toneel gevind ‘n man in die voorste passasiersitplek is op slag dood. Die bestuurder en ‘n vrou, sowel as die kind, was almal in ‘n kritieke toestand,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die beseerdes is na ‘n privaat-hospitaal in Bethlehem geneem. Die polisie stel ondersoek in.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA