Een dood, 19 beseer in KZN-ongeluk
2010-01-02 12:05
Johannesburg - ‘n Man is dood en 19 mense is beseer in ‘n botsing tussen ‘n bakkie en ‘n taxi in Verulam, KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.
Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê die oorledene was ‘n passasier in die taxi.
“’n Passasier wat in ‘n kritieke toestand is, is ook per helikopter na die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal geneem,” het Wicks gesê.
Nog drie passasiers is na die hospitaal op Osindisweni geneem terwyl 15 ander na ‘n plaaslike kliniek gebring is.
- Sapa