Een dood, 17 beseer in Ruimsig-ongeluk
2012-01-22 20:07
Johannesburg – Een persoon het Sondagmiddag gesterf en 17 is beseer – waarvan twee kritiek – toe ‘n taxibestuurder in Ruimsig, Roodepoort, beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.
Derek Banks, woordvoerder van ER24, het gesê van die passasiers is uit die voertuig geslinger. Twee passasiers is kritiek beseer en vyf is ernstig beseer.
“Die twee kritiek beseerde pasiënte is per helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem. Die res is na verskeie hospitale in die gebied geneem,” het Banks gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA