Een dood, 16 beseer in Karoo-ongeluk
2010-10-28 01:15
Kaapstad – Een persoon is dood en 16 ander is beseer in ‘n ongeluk tussen Bethulie en die Gariepdam in die Karoo, het ‘n woordvoerder gesê.
Volgens Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, sal die oorsaak van die ongeluk deur die polisie ondersoek word.
Tydens die ongeluk was daar 17 werkers op ‘n konstruksiebakkie, het Botha gesê.
Een persoon is dood en ‘n ander een is in ‘n kritieke toestand. Die 15 ander mense het ligte tot ernstige beserings opgedoen.
Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer en daarna na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24