Een dood, 14 beseer in kettingbotsing
2009-12-19 22:47
Johannesburg – Een persoon is dood en 14 ander beseer toe vier motors op die N1 net buite Colesburg in ‘n kettingbotsing betrokke was.
“Besonderhede oor die ongeluk is nog nie bekend nie, maar dit wil voorkom asof die motors almal in teenoorgestelde rigtings gery het, toe die ongeluk plaasgevind het,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911 gesê.
Die bestuurder van een van die voertuie is dood terwyl veertien ander mense ligte beserings opgedoen het.
“Die man laat sy vrou en ‘n tweejarige kind agter, wat saam met hom in die motor gery het ten tyde van die ongeluk.”
Die ongeluk het sowat 30km buite Colesburg gebeur in die rigting van Hanover.
- Sapa