Een boer ‘onderhou’ 118 mense
2010-07-09 16:48
Kaapstad - Een Suid-Afrikaanse boer “onderhou” sowat 24 gesinne, of 118 mense, en dus is die landbousektor uiters waardevol, sê die TLU SA Noord.
As ‘n boer aangeval word, kan dit tot 18 maande duur voordat normale produksie hervat word, sê Jan Viljoen, voorsitter.
“Word hy (‘n boer) vermoor, duur dit vyf tot agt jaar voordat volle produksie weer op die betrokke plaas bewerkstellig word. Dit duur met ander woorde vyf tot agt jaar voordat 118 mense finansieel kan herstel tot waar hulle vantevore was," vertel Viljoen.
Plaaswerkers word ook vermoor
Viljoen sê ook plaaswerkers word ernstig deur plaasaanvalle benadeel. “Solidariteit haal aan dat sowat 600 plaaswerkers al in plaasaanvalle vermoor is.
Lees meer op landbou.com.
- Landbouweekblad