E.coli in kaas gevind
2011-11-09 16:32
Johannesburg – Sowat 22 ton ingevoerde Ierse kaas is verlede week vernietig omdat dit met E.coli-bakterie besmet is, het die Melkprodusente-organisasie (MPO) Woensdag gesê.
"Die uitslae is bevestig deur onafhanklike toetse wat op aandrang van die uitvoerder gedoen is en die versendig is deur owerhede van hawegesondheid in Durban verwerp," het Bertus de Jongh, uitvoerende hoof, in 'n verklaring gesê.
Escherichia coli (E.coli) kan voedselvergiftiging, urienweginfeksies en neonatale breinvliesontsteking veroorsaak.
Die MPO het 'n beroep op plaaslike owerhede gedoen om nie Ierse melkprodukte in Suid-Afrika toe te laat totdat dit veilig verklaar is nie.
Dít omdat ingevoerde melkprodukte weinig aan die veiligheidstandaarde van Suid-Afrika voldoen.
Die lae pryse van baie Ierse melkprodukte kan ook die plaaslike melkbedryf skade berokken, het De Jongh gesê.
Hy het gesê verbruikers moet die etikette van cheddarkaas nagaan voor hulle dit koop, om te verseker dit is van Suid-Afrikaanse oorsprong en dus onderworpe aan gesondheid- en veiligheidsregulasies.
– Volg Nuus24 op Twitter