'ET was leweloos met panga op bors,' sê getuie

2011-10-12 13:25
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – Die AWB-leier Eugene Terre'Blanche het “baie beserings”, bloed op sy gesig en ‘n panga op sy bors gehad toe hy dood aangetref is, het ‘n polisiebeampte Woensdag getuig.

Sers. Jack Ramonyane het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê Terre'Blanche se lyk het op ‘n bed in sy plaashuis gelê.

Hy sê die mure en ‘n staalpyp was met bloed bevlek.

Die plaashuis was gesluit toe Ramonyane by die moordtoneel opgedaag het. ‘n Nooddienswerker van EMS het die deur oopgemaak.

Ramonyane sê hy het nie dadelik ingegaan nie.

“Van Heerden [van EMS] het gevra dat ons wag voor ons ingaan aangesien dit binne die huis donker was. Daar was honde binne en hy het aangedui dat die honde ons kan byt...”

Hy sê Van Heerden het ‘n toe flitslig gebruik.

In daardie stadium was die twee beskuldigdes – Chris Mahlangu (28) en ‘n minderjarige – in die polisievoertuig wat buite die huis gestaan het.

Ramonyane sê hy het hulle na die huis geneem nadat hulle erken het dat hulle Terre'Blanche doodgemaak het.

Die polisiebeampte was op 3 April 2010 besig om die gebied te patrolleer toe hy op die beskuldigdes naby die plaaslike treinspoor afgekom het.

“... Mahlangu het aan my verduidelik dat hulle met hul werkgewer baklei het; oor twee maande se lone wat nie betaal is nie,” het Ramonyane in die hof gesê.

“Ek het hom toe gevra hoe ernstig sy werkgewer beseer is... Mahlangu het gereageer deur te sê: ‘Ons het hom doodgemaak’.”

“Hy [Mahlangu] het nie soos iemand gelyk wat so iets kon doen nie aangesien hy vry, kalm en nie bang was nie.”

Die beskuldigdes het aan Ramonyane gesê dat hulle genoeg gehad het.

Ramonyane sê Mahlangu het aan hom gesê hy het Terre'Blanche se selfoon gehad en wou dit verkoop om sy agterstallige lone te vergoed.

Vier ander getuies het reeds getuig dat Mahlangu en die tiener erken het dat hulle die misdaad gepleeg het.

Beide het skuld ontken op aanklag van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die tiener enige betrokkenheid ontken het.

Ramonyane se getuienis duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: euegene terre'blanche  |  moord  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.