ET-verhoor: Vrae oor vertaler

2012-02-01 20:57
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – Vrae is in die Hooggeregshof op Ventersdorp gevra oor die werk van ‘n polisiebeampte wat as vertaler opgetree het tussen ander polisiebeamptes en die jeugdige wat aangekla word van die moord op Eugene Terre’Blanche.

Die seun se regsverteenwoordiger, Zola Majavu, het probeer toon hoe inligting verkeerd geïnterpreteer of verstaan kan word.

Hy het konst. Emmanuel Mthembu gevra om frases uit Afrikaans na Tswana te vertaal, soos hy sou gedoen het toe hy die seun se regte aan hom en sy ma verduidelik het terwyl die tiener die misdaadtonele uitgewys het.

Mthembu het gesukkel om deurentyd korrek te vertaal. Wanneer hy verkeerd vertaal het, het die hof se vertaler verduidelik dat dit nie ‘n verbatim vertaling is nie, maar eerder ‘n vereenvoudigde weergawe.

Majavu het die akkuraatheid van Mthembu se vertalings tussen lt. kol. Frans Jacobs en die jeugdige en sy ma bevraagteken.

Mthembu het gesê hy moes Jacobs telkens vra om te verduidelik wat hy gesê het, maar hy het gevoel die familie en die jeugdige het verstaan wat gesê is. Mthembu het egter erken dit is moontlik dat sommige inligting verlore geraak het in die vertaling.

Hy het ook erken dit was die eerste keer wat hy as vertaler opgetree het.

Mthembu het getuig in ‘n verhoor binne ‘n verhoor om die geldigheid van bewyse wat deur die twee beskuldigdes gegee is, vas te stel.

Die tiener en die plaaswerker Chris Mahlangu word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche in April 2010 in sy plaashuis aangerand en vermoor het.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
64 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.