ET-verdagte bly agter tralies
2010-05-20 09:00
Ventersdorp – Chris Mahlangu, verdagte in die moordsaak van die ontslape AWB-leier Eugene Terre’Blanche, sal vir eers agter tralies bly.
Mahlangu het Woensdag in Ventersdorp in die landdroshof verskyn op aanklagte van moord nadat hy en sy vermeende 15-jarige medepligtige hulself aan die polisie oorhandig het.
Die skare ondersteuners buite die hof in Ventersdorp was ontsteld oor die nuus dat Mahlangu se saak uitgestel is en dat hy vir eers in die tronk sal moet bly.
eNews het Donderoggend berig dat Mahlangu se aansoek om borgtog tot Junie uitgestel is.
“In hierdie area ontvang witmense borgtog en swartmense nie. Die hof moet regverdig wees,” het Letlhogomolo Makhaya, ‘n inwoner wat by die hof was, gesê.
- Nuus24, Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.