ET-verdagte Donderdag in hof
2010-07-06 05:18
Johannesburg – Die 15-jarige verdagte in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak sal Donderdag in Ventersdorp in die landdroshof verskyn, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gesê.
“Die seun kan nie in ‘n plek van veiligheid woon vir meer as 30 dae nie. Hy bly nou in ‘n jeugsentrum,” het Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, Maandag gesê.
“Die landdros sal Donderdag kyk hoe dit met die seun gaan en die saak dan weer uitstel.”
Na sy inhegtenisname is die seun in ‘n plek van veiligheid aangehou waar hy drie maaltye ‘n dag en ‘n slaapplek gekry het vir die eerste keer in sy lewe.
Hy en sy vermeende medepligtige, Chris Mahlangu, het die ontslape AWB-leier glo op sy plaas buite Ventersdorp doodgeslaan op 3 April.
Mahlangu het op 10 Junie in die hof verskyn en sy saak is uitgestel tot 14 Julie deur landdros Magaola Foso.
Hy is steeds in aanhouding.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA