ET se plaas na 'vent met ANC-bande'

2012-02-05 06:59
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Vete woed glo nou tussen die bloedfamilie van Eugène ­Terre’Blanche en die vermoorde AWB-leier se weduwee omdat sy “die grond (plaas) aan ’n vent verkwansel het wat op ’n hoë vlak by die ANC betrokke is”.

Terre’Blanche se opdrag was dat sy plaas in familiehande moet bly wanneer hy sterf, het ’n familielid wat anoniem wil bly aan Rapport gesê tydens die hervatting van die ­Terre’Blanche-moordverhoor die afgelope week.

Die plaas Witrandjiesfontein, waar hy vermoor is, is sowat 15 km buite Ventersdorp in Noordwes.

“Sy (mev. Terre’Blanche) is niks van ons Terre’Blanche-familie nie.

“Sy het Eugène in die aarde in vertrap,” sê die familielid.

Dié beweer ook verhoudinge tussen Eugène Terre’Blanche en sy dogter, Bea, was baie troebel.

Martie Terre’Blanche het per SMS aan Rapport gesê sy wil in dié stadium geen uitlatings maak nie behalwe om te sê: “Ek weet die Hemelse Vader is in beheer en geregtigheid sal geskied.”

’n Inwoner van Ventersdorp het aan Rapport bevestig Terre’Blanche se dogter was baie kwaad vir hom, maar wou nie verder daaroor uitwei nie.

“Hulle het daai plaas verkoop, want hulle wou niks meer met hom of die politiek daarvan te doen hê nie.”

Die verhoor van die twee plaaswerkers wat daarvan aangekla word dat hulle Terre’Blanche op 3 April 2010 vermoor het, is die afgelope week in die rondgaande hof hervat.

Mev. Terre’Blanche het getuig sy het nie daarvan gehou wanneer haar man baie gedrink het nie.

“Ek het hom wel eenkeer toe hy te veel gedrink het met egskeiding gedreig ... maar ek sou nie skei nie. Hy het gesê sy lewe sal in duie stort,” het sy getuig.

’n Familievriend het aan Rapport gesê almal in die dorp het geweet ­Terre’Blanche woon op sy plaas en sy vrou in die dorp.

“Hy het elke dag baie gedrink. Ek sou altyd twee bottels brandewyn gaan koop as oom Eugène vir my kom kuier. Een vir hom en een vir my,” sê die vriend.

Tans word daar ’n verhoor binne ’n verhoor gehou om die toelaatbaarheid van sekere inkriminerende stellings te bepaal.

Die regsverteenwoordigers van die twee beskuldigdes, Chris ­Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde, het in die hof aangevoer polisielede het hul kliënte se konstitusionele regte geskend.

Daar is gesê die minderjarige is sielkundig gemartel om ’n skuld­bekentenis uit hom te dwing.

Kgomotso Tlouane, Mahlangu se prokureur, het sover gegaan om aan konst. Kedebone Mogoele te sê sy is “pateties” omdat sy nie self die regte verstaan wat sy glo in Engels en Tswana aan die twee beskuldigdes voorgelees het nie.

Lt.kol. Tsietsi Mano, ondersoekbeampte in die saak, het ook deurgeloop deurdat adv. Norman Arendse SC sy geloofwaardigheid as ’n getuie bevraagteken het. Arendse het Mano daarvan beskuldig dat hy die minderjarige beskuldigde gemartel het.

“Jy maak gebruik van onregmatige en onwettige metodes ... nes dié wat in die apartheidsjare gebruik is,” het Arendse gesê.

Mano is in 2008 skuldig bevind aan marteling en die polisie moes meer as R500 000 aan skadevergoeding uitbetaal.

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek hom tans ook weens beweerde aanranding.

Die verhoor duur Maandag voort.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: eugene terre'blanche

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.