ET-moordverdagte kry borgtog
2010-07-14 12:00
Ventersdorp – Chris Mahlangu, die verdagte in die moordsaak van die ontslape AWB-leier Eugene Terre'Blanche, is Woensdag borgtog toegestaan in die landdroshof in Ventersdorp.
‘n Groep mense het vroeër Woensdag buite die landdroshof in Ventersdorp daarop aangedring dat Mahlangu borgtog ontvang.
Die groep het die koue aangedurf en hul in komberse toegedraai terwyl hul vryheidsliedere gesing het. IOL het Woensdag berig dat die skare glo gesing het; "Mahlangu, ons weet nie hoe om jou te bedank vir Terre’Blanche se moord nie.”
Daar was ook heelwat AWB-lede in hul kenmerkende uniforms buite die hof.
Mahlangu het in Mei aansoek gedoen om borgtog.
Volgens Mahlangu het hy en sy vermeende 16-jarige medepligtige in selfverdediging opgetree tydens die voorval wat op 3 April op Terre’Blanche se plaas plaasgevind het.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.