ET-moordsaak duur voort
2010-05-19 10:29
Johannesburg – Die man wat verdink word van die moord op die ontslape
AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, sal Woensdag weer in die hof verskyn.
“Puna
Moroko, prokureur vir Chris Mahlangu, is in Klerksdorp met besigheid.
Ons sal dus eers ander sake moet afhandel en behoort teen 10:00 klaar
wees,” het ‘n beampte by die hof gesê.
Die saak moes
oorspronklik 09:00 voorgekom het.
Intussen is sowat 60
polisielede buite die hof om die situasie te monitor. Die groot skares
wat egter tydens die vorige verskynings teenwoordig was, het nie weer
opgedaag nie.
Tydens die vorige verskyning was daar vrese oor
Mahlangu se burgerskap omdat hy geen identiteitsdokument (ID) het nie.
Daar was ook geen inligting oor hom by die departement van binnelandse
sake beskikbaar nie.
Moroko het geargumenteer dat Mahlangu
borgtog moet ontvang omdat hy twee kinders het waarna hy moet omsien. Hy
het ook gesê dat sy kliënt nie op die vlug sal slaan nie, omdat hy nie
oor die nodige reisdokumente beskik nie.
Die hof het op 10 Mei
gehoor dat Mahlangu en sy vermeende 15-jarige medepligtige in
Terre’Blanche se plaashuis buite Ventersdorp ingebreek het. Hulle het
die voormalige AWB-leier glo 28 keer met ‘n panga en ‘n stuk staal
geslaan terwyl hy geslaap het.
Hulle het daarna sy broek
afgetrek en sy selfoon gesteel
Terre’Blanche se lyk was “byna onherkenbaar” na die aanval.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.