ET-moordbeskuldigde 'sal vlug'
2010-06-10 13:29
Johannesburg. – As Chris Mahlangu, beskuldigde in die Eugene Terre’Blanche moordsaak, borgtog gegun word, sal hy verseker weghardloop.
So het Tsietsi Mano, die ondersoekbeampte in die saak teen Chris Mahlangu, in die Ventersdorp landroshof gesê.
Mano het die hof daarop uitgewys dat Mahlangu heel moontlik die land sal verlaat aangesien hy nié ‘n woonadres in Suid-Afrika het nie.
Mahlangu, na bewering ‘n Zimbabwiër, het ook nie ‘n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument nie.
Mahlangu en ‘n 15-jarige seun word van die moord op AWB-leier, Eugene Terre’Blanche beskuldig.
In reaksie op die verdediging se vraag oor hoekom Mano nie gevlug het terwyl hy kon nie, het die staatsaanklaer gesê dat Mahlangu nou “die gewigtigheid van sy daad besef en bewus is van die straf wat op hom wag indien hy skuldig bevind word”.
Hy het bygevoeg dat indien hy borgtog gegun word, daar ‘n groot moontlikheid is dat hy sal “weghardloop”.
Volg Nuus24 op Twitter.