ET-moord: 'My broer is fyngekap'

2010-04-05 10:31
Tweets Share Share line Print

Linda de Beer, Die Burger

Ventersdorp - ‘My broer se gesig is fyngekap. Dit was ’n wrede moord.”

Dit was Sondag die woorde van Eugène Terre’Blanche se enigste broer, Andries, aan tientalle emosionele boere en lede van die AWB by die ingang na Terre’Blanche se plaas buite dié dorp.

Hy het boere gevra om Dinsdag in hul massas na die Ventersdorpse landdroshof op te ruk vir die verskyning van sy broer se twee vermeende moordenaars, wat glo vir hom gewerk het.

Die haatspraak teen boere deur Julius Malema, ANC-jeugleier, hou volgens Terre’Blanche se familie, boere en AWB-lede direk verband met die wrede aanval op hom.

Terwyl die familie mense gemaan het om kalm te bly, het mnr. André Visagie, sekretaris-generaal van die AWB, prontuit verklaar dié organisasie gaan sy leier se dood wreek.

“Die AWB het besluit hy het geen keuse as om homself te bewapen en ons leier se dood te wreek nie,” het Visagie gesê. Tog het hy lede gemaan om vir eers “rustig” te bly sodat Terre’Blanche “in vrede” begrawe kan word.

“Ons kán dit doen. Ons sal julle wys.”

Dís wat AWB-ondersteuners en ander wittes hier gister gemeen het mnr. Eugène Terre’Blanche se moordenaars wou bewys deur glo ’n kapmes op hul slagoffer se bors te los en self die polisie daaroor te bel . Hulle glo daar is ’n direkte verband tussen die moord op Terre’Blanche en die ANC-jeugleier Julius Malema se herhaalde “skiet die boer”-uitspraak.

“Hulle (die moordenaars) was uittartend, maar ek hoop die moord sal die Afrikanervolk laat opstaan vir hul volk en kultuur,” het Marlene Hanekom voor Terre’Blanche se huis op Ventersdorp gesê.

Sy en haar man, Pieter, is lede van die Brandwag van die Christen Boerevolk, volgens hulle ’n nie-militante regse groep wat Afrikaners se kultuurgoedere wil behou.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het geweier om hom oor ’n “politieke saak” uit te laat toe hy herhaaldelik gevra is oor Malema se uitsprake en of die regering enigsins optrede teen hom beplan.

“Kom ons bly kalm en laat die polisie toe om by die kern van die saak uit te kom. Ek gaan nie by ’n politieke bespreking ingetrek word nie. Eugène Terre’Blanche is vermoor. Die polisie ondersoek hoekom dit gebeur het,” het Mthethwa op ’n nuuskonferensie in die raadsaal van die Ventersdorpse munisipaliteit gesê.

Mthethwa en genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het Terre’Blanche se weduwee Martie by die egpaar se dorpshuis besoek voordat hy boere en ander familielede op die plaas te woord gestaan het.

Die media is nie toegelaat om die plaas te betree nie. Forensiese deskundiges was Sondagmiddag laat nog op die toneel besig.

Twee plaaslike polisielede het Saterdagmiddag laat op Terre’Blanche se verminkte lyk op sy bed in die opstal van sy plaas afgekom. Dit was nadat die polisie ’n oproep oor ’n beweerde aanranding op die plaas gekry het.

’n Kapmes en ’n knopkierie is by die lyk gekry. Alle aanduidings is dat hy geslaap het toe hy aangeval is, het kapt. Adéle Rautenbach, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

In ’n ander vertrek het ’n kapstok omgeval gelê, terwyl dit ook gelyk het asof daar met Terre’Blanche se wit Corsa-bakkie gepeuter is.

’n Venster van die huis was gebreek, maar die polisie het ook toegang tot die huis gekry deur ’n deur wat nie gesluit was nie.

Die twee verdagtes, van onderskeidelik 15 en 28 jaar oud, is kort ná die moord aangekeer waar hulle langs ’n grondpad in die distrik geloop het. Terre’Blanche se selfoon is glo in hul besit gekry.

Die boeregemeenskap het inligting verwerp dat ’n loongeskil die motief vir die moord was. Daar was glo ’n woordewisseling tussen Terre’Blanche en die verdagtes oor uitstaande betaling.

“Hoe onderhandel jy met iemand as hy vas aan die slaap in sy bed is? Klim jy deur ’n venster om met iemand te onderhandel?” het ene Sean, ’n plaaslike boer, woedend gesê nadat Mthethwa met hulle gepraat het.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.