‘ET betaal my nie; wurg my'

2010-04-15 06:16
Tweets Share Share line Print

Susan Cilliers, Beeld

Ventersdorp. – Hy het Eugène Terre’Blanche, AWB-leier, uit selfverdediging doodgemaak omdat dié hom aangerand en by geleentheid gewurg het.
Só gaan Chris Mahlangu (27), wat saam met ’n 15-jarige seun van die moord op Terre’Blanche beskuldig word, in die hof aanvoer.

Puna Moroko, Mahlangu se prokureur, het gister buite die Ventersdorpse landdroshof gesê al is Terre’Blanche se lyk met ’n afgetrekte broek gevind, is Mahlangu se verweer beslis nie dat seksuele dade soos sodomie plaasgevind het nie.

“Mahlangu sê Terre’Blanche het dikwels wanneer hy gedrink het, gaan lê en slaap en dan sy broek afgetrek omdat hy warm gekry het.”

Volgens Moroko is Mahlangu se verweer dat dit maand ná maand ’n gesukkel was om sy salaris van R600 uit Terre’Blanche te kry.

Terre’Blanche het glo gereeld, ook die dag toe hy vermoor is, baie drank en sigarette vir sy werkers gekoop en dan gesê hulle kry nie geld nie omdat dít hul betaling is.

Hy het Mahlangu glo ook met Kersfees verlede jaar R100 gegee en wou dit toe later van sy salaris aftrek.

Terre’Blanche het volgens Moroko op die dag van sy dood vir Mahlangu 18 bottels Savanna gekoop, 13 vir die seun, en sigarette vir albei.

Moroko het gesê daar was ’n aanrandingsvoorval wat tot Terre’Blanche se dood gelei het.

Die hof sal ook hoor Terre’­Blanche het Mahlangu sowat twee maande voor dit gewurg, maar dat Mahlangu weer by hom gaan werk het omdat hy die geld nodig gehad het.
“Hy en Terre’Blanche het ’n slegte verhouding gehad, maar hy het nooit ’n aanrandingsklag ingedien nie,” het Moroko gister gesê.
“Almal was bang vir Eugène, selfs die wittes.”

Volgens Moroko is Mahlangu “oukei”. “Jy sal dink niks het gebeur nie.”

Mahlangu se borgtogaansoek is tot 10 Mei uitgestel om sekerheid oor sy woonadres te kry.

Die klein, skraal man het grootoog na die talle joernaliste en familielede van Terre’Blanche in die volgepakte hofsaal gekyk.

Die seun wat saam met hom op Terre’Blanche se plaas Witrantjiesfontein as ’n beeswagter gewerk het, het gister besluit om nie ’n borgtogaansoek te bring nie.

Hy word in ’n plek van veiligheid aangehou waar hy volgens sy prokureur, mnr. Zola Majavu, nou vir die eerste keer in sy lewe op ’n bed slaap en drie etes per dag kry.

“Ons het in oorleg met sy ouers en maatskaplike werkers besluit om nie voort te gaan met die borgtogaansoek nie omdat my kliënt gemaklik is. Sy omstandighede is nou beter as by sy huis en hy het intussen weer begin skoolgaan.”

Majavu het gesê dis ook veiliger vir sy kliënt om in aanhouding te bly. “Hy is sielkundig sterk.”

-Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.