ET-beskuldigde het hulp gevra voor moord

2011-10-19 11:08
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – Chris Mahlangu, wat van die moord op Eugene Terre'Blanche beskuldig word, het die polisie voor die moord om hulp genader, het die rondgaande hooggeregshof op Ventersdorp Woensdag gehoor.

Mahlangu (28) is weggewys omdat nie een van die polisiebeamptes Terre'Blanche wou konfronteer nie.

"Hy het voor die voorval gesê hy het 'n probleem met die oorledene. Hy het gesê hy is al voorheen deur die oorledene geslaan en dat Terre'Blanche hom gewurg en opgelig het," het Kgomotso Tlouane, Mahlangu se regsverteenwoordiger, gesê.

"Hy [Mahlangu] het verder getuig dat hy probeer het om dit by die Ventersdorp-polisiekantoor aan te meld, maar dat polisiebeamptes nooit na hom geluister het nie."

Mahlangu het gehoor hoe polisiebeamptes mekaar vra wie met Terre'Blanche gaan praat. Hy het die indruk gekry dat hulle bang was, omdat niemand die AWB-leier wou konfronteer nie.

Tlouane het gesê Mahlangu sal getuig dat hy een keer geslaan is. Die 28-jarige was "behoeftig, sonder geld en kos en hy was nie 'n geleerde man nie".

Die polisiebeamptes het hom nooit gesê wat sy opsies is nie. Mahlangu het nie 'n keuse gehad om na die plaas terug te gaan en geslaan te word nie, het die hof gehoor.

Mahlangu het egter nie sigbare merke gehad om vir die polisie te wys nie.

Terre'Blanche is op 3 April verlede jaar op sy plaas aan die buitewyke van Ventersdorp, vermoedelik in 'n dispuut oor lone, vermoor.

Albei beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: eugene terre'blanche  |  misdaad  |  moorde  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
69 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.