ET: Siek prokureur vertraag verhoor
2012-02-09 13:59
Ventersdorp – Die verhoor van twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle Eugene Terre'Blanche vermoor het, is in die rondgaande hof op Ventersdorp uitgestel.
Die verhoor is tot Vrydag uitgestel aangesien een van die beskuldigdes, Chris Mahlangu, se regsverteenwoordiger, Kgomotso Tlouane, siek was.
Mahlangu en ‘n minderjarige beskuldigde, wie se naam nie bekendgemaak mag word nie, word daarvan aangekla dat hulle die AWB-leier in sy plaashuis buite Ventersdorp in April 2010 doodgeslaan het.
Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.
Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die tiener ontken betrokkenheid in die misdaad.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA