Dwelms ‘speel rol by plaasaanvalle’
2010-01-27 09:32
Kaapstad - “Om ‘n misdaad te pleeg het jy moed nodig, en baie aanvallers gebruik dwelms om daai moed te kry”.
Dit is die mening van Lukas Swart, die skrywer van die boek, Oorwin Plaasaanvalle, oor hoekom sommige plaasmoorde en -aanvalle so brutaal is.
In twee onlangse plaasmoorde in die Vrystaat is die slagoffers wreed vermoor. Koos van Zyl, en sy vrou, Rita, van die plaas Poortjie tussen Senekal en Steynsrus, is drie weke gelede vermoor.
Van Zyl is doodgeskiet, en sy vrou is verskeie kere met ‘n skerp voorwerp - vermoedelik ‘n vleishak - gesteek en geskiet.
Die afgelope naweek is ‘n boer van Ficksburg, Ernest Giefeke, van die plaas Goodhope dood nadat hy met ‘n klip teen sy kop gekap en sy keel met ‘n mes gesny is.
Lees meer op landbou.com.