Duur kar vir Julius is 'blyk van waardering'

2011-07-24 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die peperduur motor waarmee die ANC-jeugleier, Julius Malema, rondry, is ’n geskenk van ’n konstruksiebaas wat al meer as R200 miljoen se staatskontrakte in Limpopo losgeslaan het.

’n Ingeligte bron het aan Rapport gesê Malema se Range Rover van R1,2 miljoen is “’n blykie van waardering” van Matome Hlabioa van MPPJ Property Development vir die vet tenders wat hy danksy Malema se politieke invloed kry. Limpopo is Malema se tuisprovinsie.

Hlabioa (44) het by navraag erken hy het die motor aan Malema gegee – en openlik gespog dit is nie die eerste keer nie.

Hlabioa was ook die grootste geldborg van die ANC-jeugliga se onlangse verkiesingskonferensie.

“Hy (Malema) ry my motors al lank voordat hy president geword het. As Julius iets soos ’n motor nodig het, gee ek dit vir hom,” sê Hlabioa.

“Ek besit meer as tien motors. Kyk na die motor wat hy ry – dit is sowat R1,2 miljoen werd – en dit is die goedkoopste kar wat ek besit.”

Hy ontken egter dat die motor ’n geskenk in ruil vir tenders was.

Hlabioa deel ook sakebelange met Cassel Mathale, premier van Limpopo.

Rapport het dokumente gesien wat wys die sukses van Hlabioa se konstruksiemaatskappy, MPPJ, loop saam met Malema se politieke opgang sedert laasgenoemde in 2008 die eerste keer as ANC-jeugleier gekies is.

MPPJ se Limpopo-kontrakte sluit in:
- ’n R115 miljoen-behuisingstender in 2007/2008 vir die bou van 2 981 huise in die Mopani- en Waterberg- munisipale gebied;
- nóg ’n R15,38 miljoen-tender in Waterberg in 2007;
- ’n R3,35 miljoen-tender vir openbare werke in die Groter Giyani-distrik in 2008;
- ’n R11,6 miljoen-behuisingstender in 2008/2009 vir die Mogalakwena-munisipaliteit;
- ’n R12,9 miljoen-tender vir die opgradering van ’n laerskool in 2010;
- ’n R15,9 miljoen-tender vir werk aan nóg ’n laerskool in 2010; en
- ’n R38,2 miljoen-behuisingstender vir 700 eenhede by Marble Hall in 2010.

Dié onthullings kom ná versoeke dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Malema aan ’n leefstyl-oudit moet onderwerp nadat dit bekend geword het hy gaan sy huis van R3 miljoen in Sandton laat sloop om ’n nuwe huis te laat bou wat tussen R7 miljoen en R16 miljoen kan kos.

Omdat sy Range Rover in MPPJ se naam geregistreer is, sal dit nie in ’n leefstyl-oudit van Malema aangedui word nie en dus nie vir hom enige belastinggevolge inhou nie.

Die bron sê: “Hy (Hlabioa) is ’n sakeman wat voordeel trek uit staatstenders. Daarom móét hy geskenke gee aan mense soos Malema wat hom help om die tenders te kry – dit is ’n wedersyds voordelige verhouding.”

Lehlogonolo Masoga, uitgeweke voorsitter van die ANC-jeugliga in Limpopo en ’n gewese vriend van Malema, sê: “Daar is nie iets soos ’n gratis ete nie. Wat in die ondersoek bevind is, is voor die hand liggend.”

Hlabioa sê oor sy verhouding met die omstrede jeugleier: “Malema is soos een van my kinders. Ek sorg al jare vir hom, selfs voordat hy president van die jeugliga geword het.”

Malema kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Hy het egter die afgelope week op vrae oor sy Sandton-spoghuis gesê: “Dit het net mooi niks met julle uit te waai nie?… Hou jul neuse uit my sake.”

Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het gesê: “Ons praat net oor politieke kwessies in die media, nie oor persoonlike sake nie.” 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Lyk vir my elke mall in die land kry 'n beurt om 'n kleintjie in nood te laat red Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.