Durbanville-man in hof vir omkopery

2011-10-12 21:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ‘n Man van Durbanville het Woensdag in die Spesiale Hof vir Kommersiële Misdaad in Bellville verskyn nadat hy na bewering ‘n verkeersbeampte omkoopgeld aangebied het om ‘n dronkbestuur-dossier te laat verdwyn.

Eduard Floyd Towns (41) het op aanklag van korrupsie voor landdros Amrith Chabilall, wat sy borgtog van R2 000 verleng het, verskyn.

Hy sal weer op 26 Oktober in die hof verskyn.

Die staat beweer Towns het op 14 Mei in die vroeë oggendure na die Durbanville-polisiekantoor gegaan om die vrylating van Christopher Rube, wat vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, te verseker.

Luidens die klagstaat het hy eers aan die personeel in die aanklagkantoor gesê hy is ‘n DA-raadslid en hy skenk R25 000 aan die polisiekantoor.

Hy het blykbaar gesê Rube se pa het maandeliks R1 miljoen aan die DA betaal en dat hy (Towns) wil hê Rube moet onmiddellik vrygelaat word.

Toe die polisie Towns se eise geïgnoreer het, het hy na bewering die verkeersbeampte Susan Petersen in die aanklagkantoor genader.

Dit is nie duidelik in die klagstaat of Petersen verantwoordelik was vir Rube se inhegtenisneming nie.

Towns het na bewering vir Petersen “enige bedrag wat jy wil hê” aangebied om Rube se vrylating uit aanhouding te verseker, asook die verdwyning van die dossier.

Luidens die klagstaat het Petersen ook sy aanbod van die hand gewys en dit by senior personeel by die polisiekantoor aangemeld.

Towns is dieselfde aand in hegtenis geneem.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: durbanville  |  omkopery  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Lyk vir my elke mall in die land kry 'n beurt om 'n kleintjie in nood te laat red Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.