Duitse joernalis in hof oor bomdreigement
2010-06-12 05:54
Kaapstad – Die afgetrede Duitse fotograaf, Brendt Jurgen Fischer, wat verlede jaar spottenderwys gesê het dat hy ‘n bom aan hom het tydens ‘n Fifa-geleentheid in Kaapstad, het Vrydag in die streekshof in Kaapstad verskyn.
Fischer (68) staar verskeie aanklagte in die gesig nadat hy verlede jaar ‘n bomdreigement by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gemaak het.
Hy het glo spottenderwys vir ‘n polisiebeampte gesê dat daar ‘n bom in sy kamera is.
Sy saak is deur landdros, Wilma van der Merwe, uitgestel tot 25 Junie.
Fischer is op borgtog vrygelaat.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA