Duisende voertuiglisensies hernu
2010-01-26 10:43
Johannesburg – Sowat 28 000 motoriste het in die eerste drie weke van Januarie hul voertuiglisensies by poskantore in Gauteng hernu, het ‘n beampte Dinsdag gesê.
Ndala Mnisi, hoof van verbruikersdienste by die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo), het gesê poskantore was Saterdagoggende oop terwyl ander Sondae oop was, om dit so gerieflik as moontlik vir motoriste te maak.
“Sowat 27 780 motoriste in Gauteng het hul voertuiglisensies in die eerste drie weke van Januarie hernu,” het Mnisi in ‘n verklaring gesê.
Daar is altesaam 74 poskantore in Gauteng, 26 in Johannesburg en 20 in Pretoria, waar voertuiglisensies hernu kan word.
- Sapa