Duisende onnies sit dalk sonder salarisse

2010-04-12 06:36
Tweets Share Share line Print

Alet Rademeyer, Beeld

Johannesburg - Sowat 3 000 tydelike onderwysers in Mpumalanga begin die tweede skoolkwartaal vandag met ’n baie swaar gemoed omdat hulle nie weet of hul kontrakte einde vandeesmaand hernu gaan word nie.

Etresia Raubenheimer, provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) in Mpumalanga, het gesê sy is oorval deur klagtes van onderwysers wat nie meer die onsekerheid kan verduur nie.

“Hulle is reeds per SMS ingelig dat hul lidmaatskap aan Gems, die staatsdiens se mediese fonds, einde vandeesmaand verval.”

Raubenheimer het gesê herhaalde pogings het misluk om met amptenare in die departement te kommunikeer.

Die onderwysers se kontrakte verstryk op 30 April.

As die departement dit nie betyds verleng sodat hul name op die Persal-stelsel (die regering se betaalstelsel) bly nie, gaan hulle nie vandeesmaand betaal word nie.

Die Persal-stelsel sluit reeds Vrydag.

Dit sal nie die eerste keer wees dat tydelike onderwysers in dié provinsies met die hande in die hare sit nie.

Die departement het in die verlede verskeie kere in nagelaat om tydelike onderwysers se kontrakte betyds te hernu. Dít het meegebring dat hulle weke sonder ’n salaris moes werk.

Raubenheimer het gesê wat die situasie vererger, is dat van dié onderwysers reeds sedert 2008 en verlede jaar in tydelike poste is.

“Hulle wil weet wanneer daar eendag vir hulle stabiliteit in die onderwysstelsel gaan kom.”

Jasper Zwane, onderwyswoordvoerder in Mpumalanga, het nie gister sy selfoon beantwoord nie.

-Beeld

Lees meer oor: onderwys

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Lyk vir my elke mall in die land kry 'n beurt om 'n kleintjie in nood te laat red Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.