Duisende onnies moet terug 'skool' toe
2010-03-04 15:47
Port Elizabeth - Die Oos-Kaapse departement van onderwys gaan meer as 2000 onderwysers terug universiteit toe stuur omdat hulle of ongekwalifiseerd of ondergekwalifiseerd is.
Mahlubandile Qwase, provinsiale minister van onderwys, het gesê dié provinsie het 2210 onderwysers wat nie aan die departement se vereistes voldoen nie en moet dus teruggaan universiteit toe om hul kwalifikasies te verbeter.
Edmund van Vuuren, provinsiale woordvoerder vir onderwys van die DA, het gesê die minister onderskat die aantal onderwysers wat terug universiteit toe moet gaan.
"Daar is 4000 ondergekwalifiseerde en ongekwalifiseerde onderwysers in die provinsie, waarvan 80% in die landelike gebiede is."
– Daily Dispatch