Duisende misdadigers word nooit gevang

2010-09-12 07:09
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Baie van die misdadigers wat verantwoordelik was vir die sowat 2,1 miljoen misdaadvoorvalle van April 2009 tot Maart 2010 loop nog vry rond.

Luidens die polisie se jongste misdaadstatistieke, wat Donderdag bekend gemaak is, het die polisie wel sukses behaal met die bekamping van sekere geweldmisdade.

Die moordsyfer vir April 2009 tot Maart 2010 het met 8,6% afgeneem en dié vir poging tot moord met 6,1%. Dit is die eerste jaar sedert 1995 dat minder as 17 000 mense in een jaar vermoor is.

Maar die polisie het nie bekend gemaak hoeveel mense in die verskillende misdaadkategorieë in hegtenis geneem is nie.

Van die inhegtenisnemingsyfers wat wel bekend is, hou verband met roof met verswarende omstandighede (18,4%); moord (68,2%); en seksmisdade (38,5%).

Dié betreklik lae syfers strook met die statistieke van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) vir dieselfde tydperk, waarvolgens net sowat die helfte (1,04 miljoen) van die misdaaddossiere wat geopen is hulle bereik het.

Van dié sake is byna ’n kwart (242 103) teruggetrek. Nog 50 361 beskuldigdes is op afwentelingsprogramme geplaas, en uiteindelik is net meer as 355 000 sake afgehandel.

Die skuldigbevindingsyfer vir sake wat wel verlede jaar afgehandel is, is 88,6%.

Adv. Menzi Simelane, hoof van die NVG, het vroeër vandeesmaand tydens ’n seminaar van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) gesê die NVG se groot kopseer is om genoeg bewyse van die polisie te kry om beskuldigdes suksesvol te vervolg.

Getuies daag nie op nie, bewysstukke raak weg en die sake word dan herhaaldelik uitgestel. Die land se howe sit tans gemiddeld net 3 ure en 40 minute per dag.

Simelane het gesê die NVG se agterstand raak elke jaar groter en dat die hersiening van die strafregstelsel oplossings sal moet vind.

David Bruce, senior navorser by die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening, sê nêrens ter wêreld beland 100% van misdadigers in ’n hof nie.

“Die strafregstelsel in Suid-Afrika is ongelyk as dit by doeltreffendheid kom, maar ons het nie die slegste strafregstelsel ter wêreld nie.”

Hy sê hoewel die regering massiewe beleggings in die strafregstelsel gemaak het, tree die polisie baie selektief op.

“Hulle hanteer nie die hart van die probleem van geweld – dat dit eintlik grootliks in die armste gebiede in Suid-Afrika gepleeg word – doeltreffend nie.

“As hulle geweld wil aanpak, moet hulle eerder op dié gebiede fokus. Die polisie se fokus is op hul ‘trio-misdade’ (huisrooftogte, sakerooftogte en voertuigkapings).”

Bruce is ook bekommerd oor die betroubaarheid van polisiestatistieke.

“Die afgelope ses jaar hou die polisie nie die statistieke gereeld by nie. My kommer is dat dit ’n groot impak op statistieke in die land het. Om dié rede is dit dus moeilik om iets wys te word uit die statistieke wat uitgereik is.”

Drr. Chandré Gould, Johan Burger en Gareth Newham van die ISS sê uit die misdaadstatistieke is dit duidelik dat om bloot die aantal polisielede te vermeerder of die polisiebegroting te vergroot, nie vinnig resultate gaan oplewer nie.

“Dit is gedeeltelik omdat polisiëring min kan doen om kontakmisdade soos moord, aanranding, seksuele oortredings en huishoude­like geweld te verhoed.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Lyk vir my elke mall in die land kry 'n beurt om 'n kleintjie in nood te laat red Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.