Duisende herdenk ikoon se vryheid

2010-02-11 07:36
Tweets Share Share line Print

Alicestine October

Kaapstad - Sowat 20 000 mense word Donderdag by die destydse Victor Verster-gevangenis buite die Paarl verwag om oudpres. Nelson Mandela se vrylating daar vandag 20 jaar gelede te herdenk.

Die gevangenis, waarvan die naam intussen na die Drakenstein-gevangenis verander is, is Woensdag ook tot nasionale erfenisgebied verklaar, berig Sapa.

“Vandag erken die nasionale erfenisraad dié gebied en die huis (op die terrein) waar Mandela gebly het as een van die skaars ikone van die nasionale bevrydingserfenis,” het mnr. Sonwabile Mangcotywa, uitvoerende hoof van die nasionale erfenisraad, gesê.

Die vieringe vandag sluit volgens die ANC onder meer ’n ontbyt met ANC-lede by die gevangenis in, asook ’n simboliese optog wat Mandela se treë tydens sy vrylating verteenwoordig.

Pres. Jacob Zuma sal dan die besoekers toespreek.

Mandela sal nie dié verrigtinge bywoon nie, maar wel die staatsrede Donderdagaand.

Oudpres. F.W. de Klerk, wat by verskeie geleenthede vandeesweek dwarsklappe van ANC-swaargewigte moes verduur, het gister erkenning gegee aan die spesiale betekenis van die viering.

Mense soos Fikile Mbalula, koördineerder van ANC-veldtogte, en Ahmed Kathrada, het De Klerk se besluit om Mandela vry te laat as “die enigste uitweg” bestempel.

Mbalula het onder meer gesê die land is nie bevry vanweë De Klerk se genade nie.

De Klerk het gister in ’n verklaring beklemtoon die gebeure van Februarie 1990 af was ’n oorwinning vir alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe.

“Wanneer ons die vrylating van Nelson Mandela vandag vier, moet ons dit met die wete doen dat ons nuwe grondwetlike demokrasie die skepping van al ons mense en al ons gemeenskappe is.

“Ons moet die dag vier deur onsself opnuut te verbind tot die doel van nasionale versoening – oudpresident Mandela se grootste nalatenskap aan ons mense.”

Opposisiepartye het egter gister die ANC se veldtog te midde van die vieringe van oudpres. Nelson Mandela se vrylating as politieke opportunisme bestempel.

Die ANC het lede van sy nasionale uitvoerende komitee in die Wes-Kaap ontplooi om die provinsiale taakspan te help met die opbou van ANC-takke hier.

Alles word nou in die stryd gewerp vir die herstelproses en om sodoende uiteindelik die Wes-Kaap in die provinsiale verkiesing van 2011 uit die hande van die DA te raap.

Helen Zille, Wes-Kaapse premier, het gesê dit is inderdaad politieke opportunisme.

“Hoe meer hulle op Mandela se erfenis ry, hoe verder weg beweeg hulle van Mandela se visie.”

Volgens haar gaan geen deur-tot-deur-veldtog die ANC in die Wes-Kaap red nie.

“Die mense soek konkrete goed wat hulle kan sien, nie net simboliek nie.”

Ook Phillip Dexter, Cope-woordvoerder, het gesê die ANC sal veel meer uitrig indien hy minder tyd aan “populistiese nonsens” spandeer.

“Mense is moeg. ’n Mens kan dit sien met al die byeenkomste wat die party vandeesweek byeengeroep het. Die meeste daarvan het gefaal.

“In Guguletu was daar byvoorbeeld te min mense en (pres. Jacob) Zuma het nooit opgedaag nie.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Lyk vir my elke mall in die land kry 'n beurt om 'n kleintjie in nood te laat red Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2007
R 255,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.0 4x4 AT MY99
1998
R 55,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.