Duisende Eskom-werkers kan dalk staak
2011-09-08 10:45
Johannesburg – Meer as 16 000 werkers van Eskom maak gereed om te staak nadat loononderhandelings op 'n dooie punt uitgeloop het.
Die National Union of Mineworkers (NUM) sê optogte is op koers as 'n opbou vir die staking.
Eskom het egter gesê die vakbonde moet eers arbitrasie deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) probeer voordat hulle staak.
Hillary Joffe, woordvoerder van Eskom, het gesê die finale salarisaanbod van 7% sal geïmplementeer word.
Joffe het gesê die staking sal onbeskermd wees omdat Eskom as 'n noodsaaklike diens beskou word.
Die vakbonde Numsa en Solidariteit het ook Eskom se aanbod van die hand gewys.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter